Spekskieter is ‘n eetplek vir die gulsige vleiseter wat ’n
klein bietjie sleg voel omdat hulle nog in die hedendaagse
tyd nie lief vir groente is nie. Spekskieter offer ‘n minder wreed opsie vir hierdie teikenmark.
Alhoewel Spekskieter se vleis lyk en proe soos regte vleis, is al die
vleis-produkte gegroei vanuit miljoene selle in ‘n laboratorium. Dus word geen lewende spek geskiet nie.
Hierdie kliënte geniet ’n donker sin vir humor en vind dubbele betekenisse in baie dinge.
Dit vat baie om ‘n Spekskieter kliënt te skok.
Ons teikenmark hou nie van stuck-up-geit nie, hulle is morsig en “in jou gesig” net soos spek wat skiet.
Spekskieter - jou sappige moederlose vleis uithang-plek, spesiaal gemaak vir lewenslustige spekvet spek-vreters.